Round Waterdropkidz NEW Improved

Tommy die Tier leer water trap

Available in E-Book/Hardcover

Price range: R100,00 through R120,00

“Tommy die Tier leer water trap” – Die laaste boek in hierdie reeks. Aan die einde van hierdie boek kan jy as ouer, voog en/of versorger ontspan en weet dat jou kind al die vaardighede vir waterveiligheid aangeleer het en dat die kind met selfvertroue die water sal ingaan en weet wat om in die meeste gevalle te doen.

Oor die Skrywer:
Jeanne-Ame Laubscher, BA (HMS), BA (HMS)(Hons), is ‘n gekwalifiseerde Sportwetenskaplike. Sy het ook kursusse in kindersielkunde en -ontwikkeling, kognitiewe gedragsterapie en neurologie voltooi. Sy is passievol om babas en kinders te leer swem. Waterbabies/Garsfontein Aquatic Centre is ‘n moderne, spesifiek ontwerpte sentrum en privaat praktyk in Garsfontein, Pretoria. Jeanne-Amé glo dat ons aan water blootgestel kan word en kan leer swem vanaf geboorte. Om jou baba/kind te leer swem is ‘n ware plesier en met ‘n liefdevolle, sagte benadering kan babas en kinders aan water bekendgestel word, wat hulle help om ‘n liefde vir water te ontwikkel wat ‘n leeftyd sal hou. Sy het ‘n passie om kinders te leer swem en het die boek, Waterbabies, geskryf, wat meer klem lê op sekere aspekte van motoriese leer, reflekse en kognitiewe ontwikkeling.

Boek Besonderhede:

– Formaat: Hardeband , eBoek
– Lengte: ‘n reeks van 9 boeke, waaruit elkeen uit 7 bladsye bestaan

Help jou kind om ‘n liefde vir swem te ontwikkel met “Die Leer Swem” reeks. Bestel jou kopie vandag en duik in ‘n wêreld van water avontuur!

Scroll to Top